×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Ou Marico

Gronum, CF

Beskikbaarheid: In stock

R195,00

Quick Overview

Uit die vertellinge van C.F. Gronum kry die leser ’n seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Maricodistrik. Die ingewikkelde verhouding tussen hulle en Mzilikaze word hierin beskryf. Daar word byvoorbeeld vertel van tante Pertoors wat uiteindelik haar groen kappie aan Mzilikaze afgestaan het en hoe hy twee jaar later steeds hoogs in sy skik dié kappie gedra het!
Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet. Ook het Gronum die kuns van inspan voor ’n ossewa geken:
Jou vooros sal nie ’n agteros wees nie, net so min as wat die agteros ’n vooros kan wees. Met die gewilligheid wat ’n os betoon, sit jy jou haastiger osse vorentoe. Met verloop van tyd, namate jy die span leer ken, ruil jy hulle uit, miskien twee gelyk of een-een. Jy bring die voorste luies agtertoe en die agterste vinniges vorentoe.
’n Rykdom interessante feite en staaltjies word saamgevat in dié besonderse boek.


OR

Details

Carel Frederik Gronum (1892–1976) se kennis het die Maricodistrik gedek; die boere en jagters; die Matabele en Batswana (Bahurutshe, Bakwêna, Bakgatla, Barolong, Batlaping, ens.), die godsdiens, gebruike en regering, herkoms, veldslae en botsings – maar ook die siel en karakter van sy mense. In samewerking met sy broer, M.A. Gronum, het hy ook Kinôsie (1940) die lig laat sien.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Gronum, CF
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 256
isbn 9781869192990
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.