×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Paul Kruger Toesprake en korrespondensie, 1881–1900

Beskikbaarheid: In stock

Only 10 left

R350,00

Quick Overview

Paul Kruger Toesprake en korrespondensie, 1881–1899 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

OR

Details

Paul Kruger was ongetwyfeld een van die bekendste en invloedrykste persoonlikhede in suidelike Afrika teen die einde van die 19de eeu en het op verskillende terreine deurslaggewende bydraes gelewer. Persone wat na aan hom beweeg het en ’n goeie oordeel in hierdie verband kon vel, bevestig dit. Generaal J.C. Smuts, wat as staatsprokureur onder Kruger gedien het, het kort na Kruger se afsterwe aan Emily Hobhouse geskryf: “He typified the Boer character both in its brighter and darker aspects and was no doubt the greatest man – both morrally and intellectually – which the Boer race has so far produced.”

Ten spyte van ’n regeringsadministrasie wat, veral na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand , al meer omvangryk en ingewikkeld geword het, het Kruger ’n merkwaardige greep daarop behou en selfs nuwe staatkundige ontwikkelinge beplan en ingevoer. Hy was, soms ten spyte van sterk teenstand, ten gunste van die konsessiestelsel om nywerhede binnelands te vestig en uit te bou. In aansluiting by sy begeerte om die onafhanklikheid van die staat uit te bou, was sy beplanning en instelling van ’n spoorwegverbinding met Delagoabaai. Hy het jaarliks verskillende dele van die ZAR besoek om die bevolking in te lig oor die regeringsadministrasie en -beplanning. Dit was onder meer duidelik dat sy planne om Rooms-Katolieke persone en Jode nouer te betrek, sommige burgers nie aangestaan het nie en dat hy oortuigingswerk daarmee moes doen. Tydens sy gereelde besoeke aan die platteland het hy dikwels ook swart leiersfigure ontmoet en met hulle samesprekings gevoer. Sy beleid teenoor swart mense was waarskynlik dié van sy medeburgers vooruit.

Met die toenemende bedrywighede binnelands van veral die Transvaal National Union en die Volksvereeniging , was Kruger grootliks voorbereid op die Jameson-inval van 1895–6. Die merkwaardige wyse waarop hy gedurende die oorlog in ’n groot mate in beheer van algemene strategiese beplanning gebly het, kom na vore uit sy uitgebreide telegramkorrespondensie met die Boeregeneraals en president M.T. Steyn van die Vrystaat.v

Additional Information

Publisher Protea
Release date 01 Mar 2017
Skrywer Johan S. Bergh
Dimensies 222 x 152 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 612
isbn 9781485305743
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.