×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

MANUSKRIPVOORLEGGINGS

 

  • Manuskripte moet getik en duidelik leesbaar wees.

  • Slegs volledige manuskripte mag voorgelê word.

  • Stuur slegs hardekopie na die onderstaande adres.

  • Geen manuskripte per e-pos of op CD sal aanvaar word nie.

  • Indien ’n digbundel voorgelê word, moet daar minstens 60 gedigte wees.

  • Geen Engelse digbundels word aanvaar nie.

  • Geen godsdienstige manuskripte word aanvaar nie.

  • Vir ‘n kortverhale-bundel word minstens 20 stories vereis.

  • Behou ’n afskrif van die manuskrip in hardekopie en sagtekopie.

  • Indien die manuskrip aanvaar word, sal die redakteur met die outeur in verbinding tree en ’n elektroniese kopie van die manuskrip vra.

  • Afgekeurde manuskripte word vernietig en word nie teruggestuur nie.

  • Manuskripte moet vergesel word van ’n dekbrief waarin die outeur se naam, adres, e-posadres en telefoonnommer vermeld word.

  • Manuskripte moet vergesel word van ’n opsomming (hoogstens 500 woorde).

  • Outeurs kan nie ’n afspraak met die redakteur/keurder maak om haar/hom van agtergrond oor die manuskrip te voorsien nie. Die redakteur/keurder wil die manuskrip lees soos die leser dit sal doen. 

  • Die outeur kan ’n week of twee nadat die manuskrip gepos is, die uitgewery skakel om te hoor of hulle die manuskrip ontvang het (tel: 012 343 6279). Nadat die uitgewery die manuskrip ontvang het, kan dit tot 3 maande duur voor die outeur korrespondensie van die uitgewery sal ontvang waarin vermeld word of die manuskrip goedgekeur of afgekeur is. Aangesien die uitgewery daagliks baie manuskripte ontvang en dit dan uitstuur keurders toe, word outeurs beleefd versoek om geduld aan die dag te lê.

  • Koerier die manuskrip aan:

 

Protea Boekhuis

 

Manuskripte (Martie Eloff)

 

Minnistraat 8

 

Clydesdale Pretoria 0002

 

Tel: 012 343 6279

 

 

 

 

      PROTEA MANUSCRIPTS1          Protea boeke         pROTEA MANUSKRIPTE         

  

 

My Cart

You have no items in your shopping cart.