×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

Reis

Items 1 to 10 of 23 total

Page:
  1. 1
  2. 2
  3. 3

Grid  List 

  1. Anderkant Timboektoe

    Anderkant Timboektoe

    Dink mens aan Wes-Afrika, dink jy aan woestyn en kamele, Bedoeïene en swaar tekstielweefstof, silwer juweliersware en stomende speserye. Tog is daar naas dié bykans mistieke idille-beeld mediaflitse van honger en armoede, politieke onstabiliteit en diktatorskap, vrees en verskrikking. As vryskutjoernalis in Dakar kry Louw die geleentheid om lande soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as “toubab” (Westerling) en toeris te besoek nie, maar kry sy ook glimpse van dié streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades ná die val van kolonialisme nog die vinger wys na Europese hebsug ... maar ook die kuns, die kleur en die ritme van ’n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrika-son dat dit byna anderkant Westerse woordeskat lê. Anderkant ’n eerste kyk. Anderkant Timboektoe.
    Learn More
    R150,00
  2. Voetspore: Casablanca tot die Kaap

    Voetspore: Casablanca tot die Kaap

    ’n Dagboek, ’n kookboek, ʼn notaboek … ’n verslag van’n tog af teen die westekant van Afrika. Die bekende televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en ervare avonturier Johan Badenhorst vertrek in Mei 2009 saam met die res van die Voetsporespan uit Casablanca, Marokko. Die ses manne in drie 4x4-voertuie wil in minder as 100 dae na Kaapstad reis langs onbekende paaie teen die westekant van Afrika af. Die roete loop deur die ongenadige Sahara, die indrukwekkende reënwoude van Sentraal-Afrika en die ongebaande weë van die suide. Die verkenning van magiese stede soos Fes, Oudane, Timboektoe, Agadez, Kano, Limbe en Franceville vergoed vir die talle uitdagings langs die pad. Die roete loop kuslangs deur Angola na Namibië waar die pragtige Damaraland roep. Suid-Afrika se grens word by Sendelingsdrift oorgesteek en van Alexanderbaai af reis hulle saam met familie en vriende tot by die eindbestemming: Kaapstad. Voetspore: Casablanca tot die Kaap is Johan se dagboek waarin hy verslag doen van ’n reis van sowat 23 000 kilometer wat 94 dae geduur het. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Stefan Sonnekus, kaarte en watertandresepte. Hierdie boek is ’n moet, of jy nou self ’n reis deur Afrika beplan en of jy net ’n leunstoelreisiger is.
    Learn More
    R250,00
  3. Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

    Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

    Die ervare avonturier, televisiepersoonlikheid en -vervaardiger Johan Badenhorst en sy Voetsporespan vind voortdurend nuwe, unieke paaie en plekke in Afrika om te verken – met toenemende vernuf. Voetspore: Agulhas tot Alexandrië is ’n kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van hul sewende reis deur hierdie ongenaakbare dog asemrowende kontinent. By Kaap Agulhas trek die sesledige Voetsporespan met 4x4’s weg vir ’n drie maande lange reis tot by Alexandrië. Dié onvergeetlike reis neem hulle deur Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek, Zambië, Tanzanië, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopië, Soedan en Egipte. Hierdie is Johan se dagboek waarin hy verslag doen van ’n reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.
    Learn More
    R250,00
  4. Swerwer op die sonpad, ’n

    Swerwer op die sonpad, ’n

    W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In ’n Swerwer op die sonpad vertel hy twee verhale gelyktydig: sy reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek én die geskiedenis van daardie epiese tog. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Hy voer ook talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders wat hy woord vir woord weergee in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
    Learn More
    R240,00
  5. Riviereland

    Riviereland

    In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor ’n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor ’n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van ’n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis..
    Learn More
    R285,00
  6. Natal and the Zulu country

    Natal and the Zulu country

    In this book, written in 1966, Bulpin writes about the hunters, settlers, the Bushmen, Dingane, Shaka, Cetshwayo, the colonial days, the Voortrekkers and the Republic of Natal. A very readable book where the characters and legends come to life as Bulpin tells more stories about the personalities and their adventures in the early days of the region.
    Learn More
    R295,00
  7. Lost trails on the Lowveld

    Lost trails on the Lowveld

    In this book, written in 1950, Bulpin writes about the hunters, wildlife, the Bushmen, mosquitoes,tsetse fly of the Lowveld. It was an an area of extensive wilderness and home to a myriad of the animals, birds, plants and reptiles that have filled the imaginations of hunters, traders and authors alike for many a century in Africa. The characters and legends of the malaria-ridden Lowveld regions of the Transvaal come to life as Bulpin tells more stories about the personalities of the early days in the region.
    Learn More
    R225,00
  8. Ivory Trail, The

    Ivory Trail, The

    It is the story of legendary hunter/poacher S.C. Barnard 'Bvekenya' who lived in the Limpopo River region. It tells of his hunting expeditions that revolved around Crook's Corner, where he could take refuge from the county's police. He was one of the most colourful personalities in Africa - an outlaw for twenty years and he fought a one-man war against all control and authority. The life of Bvekenya and his exploits as an ivory poacher, blackbirder, outdoorsman and perhaps surprisingly for some, a conservationist, was told to Bulpin by Barnard himself.
    Learn More
    R225,00
  9. Islands in a forgotten sea

    Islands in a forgotten sea

    The Sea of Zanj has been a place of myth and mystery since time immemorial, and its islands have captured countless imaginations. Mauritius, Réunion and Rodrigues, the Seychelles and Madagascar – T.V. Bulpin recounts their stories and histories; stories of strange animals and exotic places, of pirates and runaway slaves, of forgotten kingdoms and deadly welcomes. Much has changed in the islands since Islands in a forgotten sea first appeared in the 1950s, and the author has left an invaluable account of an enchanting and often brutal world far removed from the air-conditioned resorts and package tours so familiar to tourists today.
    Learn More
    R275,00
  10. Iets ver en nuut

    Iets ver en nuut

    As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het André Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers. Hy laat ons deel in die soektog na ’n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die reënseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt. Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan ’n wynproe-cum-marathon in die Medoc-vallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net ’n klein lappie as bedekking dit na ’n openbare bad in Boedapest waag.
    Learn More
    R160,00

Items 1 to 10 of 23 total

Page:
  1. 1
  2. 2
  3. 3

Grid  List 

My Cart

You have no items in your shopping cart.