Ontmoet die Proteaboekhuis span

Nicol Stassen

DR NICOL STASSEN

Besturende direkteur & Stigter – Dr. Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy doen al meer as ’n dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ’n BA-graad in Tale, ’n meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ’n doktors-graad in Geskiedenis.Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010), William Chapman – Reminiscences (2011) en Die Dorslandtrek 1874-1881 (2015).

 

 

 


RentiaRENTIA BARTLETT-MöHL

Redakteur – Rentia Bartlett-Möhl (1985-) het grootgeword in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg. Sy studeer BA Beeldende Kunste by die Universiteit van Pretoria, Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch, vergelykende letterkunde by die Universiteit van Utrecht en is tans besig met haar MA tesis in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch.

In 2010 was sy teksredakteur by die kuns- en kultuurjoernaal Pomp, in 2011 samesteller van die konsep weergawe van die SASNEV lespakket ‘Eenders en Anders’ – ʼn lespakket oor die Nederlandse letterkunde vir Afrikaanse skoolleerders. In 2012 doen sy ʼn internskap by die Vlaams-Nederlandse kultuurhuis deBuren in Brussel waartydens sy verantwoordelik was vir die vertaling en koördinering van die opname van 12 luisterverhale van Nederlands na Afrikaans. Rentia was koördineerder van citybooks Stellenbosch en ook ‘n redakteur by LitNet se Nuwe skryfwerk. Sy is tans ‘n redakteur by Protea Boekhuis.


LEIGH-ANN LENDON

Bemarkingsbestuurder – Leigh-Ann Lendon has been in the Publishing industry for 23 years starting off at Media House Publications / Book Services as Jack of all trades Master of most J. She then was captured by Johnathan Ball Publishers where she was Customer Services Manager / IT supervisor and later moved on to the Marketing department where she really found the love of children’s books.

After having her son in 2001 she made a change to Sales Rep all at JBP till 2003. From 2003 it was a year trying it on her own a year Struik Christian and ended up at Graffiti Books at 2006 as Store Manager. She is now very happy to be part of the Protea Boekhuis family.

 

 


AmeliaAMELIA DE VAAL

Redakteur – Amelia de Vaal het haar MA in Afrikaans asook die grade BA Europese Tale (Duits, Frans, Nederlands, Engels) en BA Joernalistiek cum laude aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is sedert 2011 lid van die Protea-span en behartig haar pos as redakteur en vertaler voltyds vanuit Portland, Oregon, waar sy saam met haar man en dogtertjies woon.

Vir haar vertaling van Die lewe en werke van Kabouters en Die oproep van die Kabouters ontvang sy in 2012 die Elsabé Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans.

 

 


KRISTèL DE WEERD

Redakteur – Kristèl de Weerd is sedert Junie 2008 werksaam as Afrikaanse redakteur. Sy het onder andere die volgende boeke hanteer: Voortrekkerstamouers (J.C. Visagie), Die Dorslandtrek, 1874-1881 (Nicol Stassen), Voetspore op die ewenaar (Johan Badenhorst) en Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar (Annie Klopper). Sy is ook verantwoordelik vir die uitgee van die gewilde Asterix-reeks in Afrikaans en geniet die wye verskeidenheid genres wat Protea Boekhuis publiseer.

 

 

 

 


 HanliHANLI DEYSEL

Uitlegkunstenaar & Voorbladontwerper – Hanli Deysel is sedert 2006 inhuisontwerper van Protea Boekhuis. Sy het grootgeword aan die Natalse noordkus en aan die Universiteit van Pretoria studeer, waar sy grade verwerf het in Argitektuur, ‘n honneursgraad in Uitgewerswese, en ‘n meestersgraad in Inligtingontwerp.

Haar reisgierigheid laat haar inspirasie vind in allerlei plekke. Ná ‘n kort verblyf in Tanzanië verhuis sy na Rosendal in die Oos-Vrystaat. Tussendeur perskes inlê en beeste uit die tuin jaag, glo Hanli dat sy die beste werk in die wêreld het.

 

 


 MartieMARTIE ELOFF

Sekretaresse – Martie Eloff is van geboorte af ’n Pretorianer. ’n Leerling van die Hoërskool Menlopark en studeer daarna by die Technikon Privaat Sekretaresse en Medies Ontvangs.
Nadat sy vir ’n paar jaar met De Vries Ambulanse “rondgejaag” het, begin sy by De Jager-HAUM werk, waar sy 15 jaar lank was. Daarna vir twee jaar by Learnet en sewe jaar by Human&Rousseau se skoolboekafdeling, Best Books. Sy begin in Maart 2008 werk by Protea Boekhuis as sekretaresse.

 

 

 

 


 ShavonneSHAVONNE GOVENDER

Produksiebestuurder – Shavonne Govender is tans Protea Boekhuis se produksiebestuurder.  Sy voltooi haar skoolloopbaan aan Muizenberg High en verwerf daarna haar diploma in besigheid by Varsity College.  Sy begin as redaksionele assistent by Struik uitgewers werk en beweeg van daar af na Struik se internasionale boeke, die Globetrotter reisgids afdeling, waar sy as produksie-assistent werk.  Sy is later  bevorder na produksiekontroleur.  Sy werk 11 jaar vir New Holland Uitgewers, waarvan sy drie van dié jare as produksiebestuurder vir Struik Christelike Media werk.  Sedert September 2013 is Shavonne deel van die Protea span.

 

 

 


DanelDANéL HANEKOM

Redakteur – Danél Hanekom is in Kaapstad gebore, het skoolgegaan op Somerset-Wes (Hottentots-Holland Hoërskool) en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy haar BA-graad en Nagraadse Diploma in Vertaling verwerf. Na universiteit verhuis sy Pretoria toe waar sy in verskeie taalkantore werk as vertaler en redigeerder. In 2003 sluit sy by Clever Books, uitgewer van opvoedkundige boeke en deel van Macmillan SA, aan –  eers as kopieredigeerder, later as redakteur en projek-koördineerder. In Mei 2010 word sy as redakteur by Protea Boekhuis aangestel en is verantwoordelik vir Engelse en Afrikaanse publikasies.

 

 


CarmenCARMEN HANSEN-KRUGER

Redakteur – Carmen Hansen-Kruger het Uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria gestudeer and haar graad in 2000 verwerf. In 2001 word sy as uitgewersassistent aangestel by Protea Boekhuis. In 2002 is sy Engeland toe waar sy drie jaar lank bly en, onder andere, vir ‘n Engelse kinderboekuitgewery werk tot 2005.

Met haar terugkeer word sy aangestel in die verskepingsdepartement van Jonathan Ball Publishers, en in 2007 as uitgewer van Wiskunde, Tegnologie en Shakespeare by Clever Books Macmillan SA. Sy is sedert 2010 terug by Protea as redakteur van Afrikaans en Engelse tekste, en behartig ook publikasies wat uit Duits vertaal is.

 

 

  


ShaneSHANé KLEYN

Redakteur – Shané Kleyn is in Port Elizabeth gebore en het eers in Pretoria en toe in die Strand grootgeword. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy die volgende grade behaal: BA (Taal &  Kultuur) met Musiek en Afrikaans & Nederlands as hoofvakke, BA (Hons) in Afrikaans & Nederlands (cum laude) en ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude). Sy ontvang in 2009 ’n Huygensbeurs van Nuffic om vir ses maande as deel van haar MA-studie aan die Vrije Universiteit in Amsterdam te studeer, asook die Marius Jooste-prys in 2012 vir haar tesis getiteld Variante in die poësie van Ina Rousseau.

Tydens en ná haar studie is sy vir ’n kort ruk as tutor vir eerstejaars werksaam by die Universiteit van Stellenbosch en as assistent-inhoudsbestuurder by LitNet. Sy is in  April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. In haar vrye tyd speel sy graag toneel. Kleyn is lid van die HHDS (Hottentots Holland Drama Society) en het in 2014 en 2015 op verhoë in Somerset-Wes, Muizenberg en die Waterfront verskyn as Agnes in John Pielmeier se Agnes of God en Jacqueline de Severac in Agatha Christie se Murder on the Nile.  Foto: © Naomi Bruwer


CARLA LANG

Redakteur – Carla Lang is oorspronklik van Vredendal, waar sy ook haar skoolloopbaan voltooi (Hoërskool Vredendal). Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ’n Bcomm Regte-graad en nagraadse LLB-graad verwerf. Ná universiteit verhuis sy na Kaapstad, waar sy by Van der Spuy Prokureurs haar klerkskap as kandidaatprokureur voltooi. Gedurende haar eerste jaar van klerkskap slaag sy al haar toelatingseksamens en gedurende 2013 word sy as prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika toegelaat. Gedurende 2013 sluit sy by die internetagentskap, Code like Clockwork, aan as regsadviseur, en werk ook deeltyds vir die finansiële instansie, Zaq Finance. Gedurende 2016 voltooi sy ’n kursus in Afrikaanse redigering en proeflees deur die privaatinstansie, SA Vryskutskrywer. Sy is al sedert Oktober 2013 deel van die Protea span (redakteur) en is verantwoordelik vir Afrikaanse publikasies.

 

 


Joan-Mari Barendse

Joan-Mari Barendse is sedert Oktober 2017 deel van die Protea-span. Sy verwerf ’n PhD in Afrikaans en Nederlands in Maart 2013. Haar proefskrif handel oor distopiese toekomsromans in Afrikaans ná 1999. Van 2014 tot 2015 is sy ’n lektor in Afrikaanse letterkunde aan Unisa. In 2016 en 2017 doen sy nadoktorale navorsing oor die uitbeelding van insekte in hedendaagse Afrikaanse letterkunde. Joan-Mari woon in Stellenbosch saam met haar man en hulle hond, Sheila.

 

 

 

 


BEVERLY STEYNBERG

Beverley het grootgeword in Virginia en was vir 13 jaar verbonde aan die biblioteekwese in die Vrystaat. Daarna was sy ‘n bestuurder vir Bargain Books en die laaste vier jaar ‘n Streeksbestuurder vir Bargain Books. In die tyd het sy winkels in die Vrystaat, Norod-Kaap en Noord-wes bestuur.(Totaal van 20 jaar in die boekbedryf) Sy het in April by Proteaboekhuis as ‘n bemarker begin werk .

 Sy het Besigheidstudies asook Inligtingstegnologie studeer maar voel die heel tuiste tussen die boeke. Sy het drie seuns wat haar inspirasie is en woon vanaf Julie in Kimberley, Noord-Kaap. 

 

 

 

 


CARINA HANEKOM

Carina Hanekom is ‘n gebore Paarliet en voltooi haar skoolloopbaan by Hoërskool Gimnasium Paarl. Sy het 12 jaar as kosmetiese konsultant gewerk. In 2007 begin sy haar liefde vir boeke uitleef, eers by CUM en daarna as Bestuurderes van Bargain Books Paarl. Sy is sedert Augustus 2015 deel van die Protea-span as verkoopsverteenwoordiger. Carina is woonagtig in Paarl saam met haar man.