×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Raadslid Hamersma se voorvinger wys wes

Ackermann, M

Beskikbaarheid: In stock

R170,00

Quick Overview

“Wessels, daai plekkie. Hulle’t nou tien jaar van demokrasie. Destyds. Vele kak en drama en ’n geskiet. Gaan doen vir ons ’n storie.”
“Oor die skietery van destyds, vermoed ek?”
“Wel. Enigiets. Wessels. Vryf ou bronsplaatjies blink as dit moet. Maar iets nuuts. ’n Nuwe slant. Sal nog beter wees. Jy vlieg môre.”

Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit dwarrel oor die rivier, oor die skeidslyne van die verlede; pluk aan al wat ’n hoë boom is en laat ewe veel stof opstyg uit prominente posisies en obskure hoekies: Die burgemeester. Marumo. Snor de Beer. Rian Roux. Kryg Roelofse. John Oudemann. Bos Fourie. Mal Mary. Maryville. Die Wishbone. Die kloktoring …
Tien jaar later moet die joernalis Wessel Wessels ’n storie aanmekaarsit uit die legkaartstukkies van dié revolusie in die kleine, en leer hy vinnig dat dit nie noodwendig demokrasie is wat die dorpsinwoners tot vrees of stilswye gedwing het nie; dis eerder die pad soontoe en terug wat die probleem is.
’n Slim, boeiende satire oor ’n land wat Suid-Afrika kon wees (maar nie noodwendig is nie) – en karakters wat jou bure kon wees (as hulle nie so pynlik op jouself getrek het nie).


OR

Details

Marius Ackermann, wat vir lang jare as regsadviseur in die staatsdiens gewerk het, praktiseer tans as advokaat in Pretoria. Deur sy loopbaan het hy dikwels die geleentheid gehad om die politieke toneel asook politieke akteurs van naby gade te slaan. Van sy kortverhale en sketse het in die Tydskrif vir Letterkunde, Rooi Rose en Huisgenoot verskyn. Twee radiodramas is ook op RSG uitgesaai. Hy is lid van die Eugéne Marais Skrywersvereniging en tans besig met die MA in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Sy studie-onderwerp is satire. Beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Ackermann, M
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 256
isbn 9781869193201
Genre Humor

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.