×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Sielsmokkelaar

Beskikbaarheid: In stock

Only 10 left

R220,00

Quick Overview

Ramon Fraser is al sy hele lewe lank ’n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is ’n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal …


Ramon moet weer vlug en beland op ’n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.


En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.


OR

Details

'Ramón skommel die tarotkaarte. Dit voel of dit lewend word. Hy vryf met sy duim oor die onderste kaart en iets skerps steek hom. ’n Druppel bloed val op die tafel. Hy ruk terug en draai die kaart om. Dis die doodskaart.'

Ramon Fraser is al sy hele lewe lank ’n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is ’n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal …

Ramon moet weer vlug en beland op ’n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.

vEn so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.

Hierdie is ’n verwerkte uitgawe van Van Nierop se roman Die Sielsmokkelaar wat in 1996 verskyn het.

OOR DIE OUTEUR

Leon van Nierop is ’n bekende radiopersoonlikheid, rolprentresensent, skrywer van romans, radio- en televisievervolgverhale soos Wolwedans in die skemer en Ballade vir ’n enkeling en die draaiboeke van die roplrente gebaseer op hierdie twee verhale. Hy was vier jaar lank hoof van die Rolprentakademie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie en tree dikwels as dosent en spreker oor rolprent op.

Additional Information

Publisher Protea
Release date 27 Feb 2017
Skrywer Leon van Nierop
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 252
isbn 9781485306566
Genre Riller

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.