×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Skrik kom huis toe

Van Niekerk, D

Beskikbaarheid: In stock

R150,00

Quick Overview

ʼn Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit ʼn kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat ʼn kind na aan die hart lê word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid.

Albert is eensaam. Hy kom uit ʼn gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net ʼn kuiergas in die huis is. ʼn Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhê.

ʼn Jeugboek wat meer as net ʼn ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis hê met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy ʼn dooie posduif in die pad sien lê nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op ʼn afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart


OR

Details

Rudolf Johannes van Niekerk (Dolf) is op 22 Februarie 1929 in Edenburg gebore. Hy het sy debuut in 1953 in die literêre tydskrif Standpunte, gemaak. Hy het begin prosa skryf, asook verskeie werke vir radio wat insluit dramas en reekse. Toekennings: Eugène Marais-prys (1964) - Skepsels SABC Akademie-prys (1965) - Land van ons Vryheid SABC Akademie-prys (1971) - Rock 99 M.E.R.-prys vir Jeuglektuur (1986) - Die haasvanger Scheepersprys vir Jeuglektuur (1984-1986) - Die haasvanger Ruiterbeeld-prys (1984) - Niemand se dag nie

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Van Niekerk, D
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 96
isbn 9781485302377
Genre Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.