×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Skryn

Beskikbaarheid: In stock

Only 10 left

R150,00

Quick Overview

Die woord “skryn” het verskillende betekenisse: ’n Skryn is ’n klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word, en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat ’n skrynwerker doen) of op ’n pynlike wrywingsproses (vandaar die beskrywing van ’n ervaring as “skrynend” of “skrynerig”). Alhoewel al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele “vroulike” skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die tweede gedig is daar ’n aanduiding van wat in die res van die bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan ’n ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie, versier met ’n afbeelding van die Taj Mahal, ’n soort skryn word waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die bundel self die skryn.
’n Tweede belangrike tema in die bundel is die verkenning van ’n enigsins ongewone, onkonvensionele vroulikheid. Al open die bundel met ’n kwatryn oor die gewone buurt met “’n drankwinkel, ’n pawn shop en die Spar” waar die digteres woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; sy herken die tierboskat in haar skootkat én in haarself; in die liefdespel wil sy niemand se baby wees nie; sy waag dit om op ’n tweede wittebrood die jas van “onverpoosde verantwoordelikheid” uit te trek en in die kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike vreugde – en soms selfs wrede – van kosmaak.
Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel verwoord deur ’n vaardige digteres wat sowel die tug van die kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe verse beheers.
OR

Details

Emma Bekker het in Bulawayo, Newcastle en Standerton grootgeword en aan UP gestudeer. Sy woon tans in Johannesburg met haar gesin. Sy het as televisieteksskrywer en televisieregisseur gewerk en het ’n hele aantal kabarettekste op haar kerfstok. Tans bedryf sy haar eie masseerterapiesaak. Skryn is haar eerste digbundel.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 01 Aug 2015
Skrywer Bekker, Emma
Dimensies 213 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 88
isbn 9781485304777
Genre Poësie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.