×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Soeker

Cilliers, P

Beskikbaarheid: In stock

R250,00

Quick Overview

Pieter Cilliers se opspraakwekkende outobiografie ’n Kas is vir klere is uit alle oorde geloof as ’n baanbrekerswerk. Dit het die debat oor homoseksualiteit in die Afrikaanse kerke aan die gang gesit en vir baie mense die deur oopgemaak na ’n eerliker bestaan.
Die verskyning van ’n Kas is vir klere het uiteenlopende kommentaar uitgelok. Na aanleiding van die talle briewe wat hy oor die jare ontvang het, het Cilliers weer begin skryf. Soeker is aanvanklik as ’n bygewerkte heruitgawe van die oorspronklike boek beplan, maar het uiteindelik ’n heeltemal ander boek geword. Saam met die eerste boek kry die leser nou ook ’n dokumentering van verwikkelinge rakende gays – en ander gemarginaliseerdes – wat wentel om kwessies wat in die briewe geopper word: Het Suid-Afrika se inklusiewe Grondwet byvoorbeeld in die breë samelewing beslag gekry? En waar staan die Afrikaanse kerke vandag teenoor homoseksuele?
Cilliers – soos vele ander mense – is soekend, nie net na aanvaarding op grond van sy andersheid nie. Hy vra vrae oor tradisionele opvattings oor Christenskap en soek ook na antwoorde rakende spiritualiteit, geloof en godsdiens.
OR

Details

Pieter Cilliers was ses jaar lank predikant in die Hervormde Kerk voordat hy hom as een van Suid-Afrika se voorste TV-regisseurs en –vervaardigers gevestig het. Hy het verskeie toekennings vir sy werk ontvang. Die afgelope 11 jaar is hy bekend as vervaardiger van die kykNet-program Kwêla.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Cilliers, P
Dimensies 222 x 152 x 222 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 436
isbn 9781869194352
Genre Outobiografiese

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.