×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Jansen, Ena

Beskikbaarheid: In stock

R350,00

Quick Overview

Vanweë hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar ná die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in die Suid-Afrikaanse letterkunde begin soek. Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as ’n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs ’n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het.
Soos familie is ’n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ’n honderd huisbediendekarakters in Afrikaanse en Engelse tekste uit ’n groot deel van die twintigste eeu en daarná – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.
OR

Details

Vanweë hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar ná die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in die Suid-Afrikaanse letterkunde begin soek. Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as ’n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs ’n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het. Soos familie is ’n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ’n honderd huisbediendekarakters in Afrikaanse en Engelse tekste uit ’n groot deel van die twintigste eeu en daarná – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid. OOR DIE OUTEUR Prof. Ena Jansen, wat letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Utrecht studeer het, het in 1992 haar PhD aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Sy woon in Amsterdam, waar sy aan die Vrije Universiteit Amsterdam doseer en ook tans haar derde aaneenlopende termyn in die leerstoel vir Suid-Afrikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam (UvA) beklee.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 01 Mei 2015
Skrywer Jansen, Ena
Dimensies 152 x 222 mm
Formaat Sagteband met invouflappe
Bladsye 576
isbn 9781869199531
Genre Nie-Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.