×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Splintervlerk

Beskikbaarheid: In stock

R150,00

Quick Overview

Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, “winterklou”, word die beklemmende wêreld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasiënt beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat ’n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, “rugkaatsing” word haar wêreld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, “dryfgoed”, is ’n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word werklik soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswêreld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde:
oudergewoonte
vanaand het ek lief omdat daar wyn is om te drink
vanaand kan ek liefhê omdat ons steeds alles
vir mekaar kan skink en langsaam wis hoeveel sagter
die reën en son in verouderde glase is
OR

Details

Debuteer in 1971 met die digbundel ’n Boot in die woestyn en volg dit op met Domus (1973), So ver en verder (1976), Ontruiming (1986), Lyfsange (2001) en Passies en passasies (2007). Romans: Klipkus (1978), Oranje Meraai (1996) en Ateljee van glas (2004). Klipkus het in Nederlands verskyn as Rode Granaat (1981). Verower vier pryse in die Sanlam-radiodramaskryfkompetisie vir haar radiodramas. Getroud met die digter Louis Esterhuizen, woon op Stellenbosch en is beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Joubert, M
Dimensies 137 x 213 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 96
isbn 9781869194727
Genre Poësie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.