×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Staal Burger

Rautenbach, F

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

As Staal Burger soggens sy lenige 74 duim in ’n staalgrys pak klere giet en hy knoop sy egte sydas, dan moet julle biele weet ... Daar is omtrent nie ’n filmster of ’n kragreus wat ek nog nie ontmoet het nie, maar langs Staal Burger lyk enigeen van hierdie mannetjies soos ’n brandsiek, maer keffiekat en ek wed jou vir ’n Springbok teen al die beroepsrugbyspelers in Transvaal se span dat nie een van julle ooit eens van Staal Burger gehoor het nie.

Die nimlike Staal Burger is ’n huishoudelike naam sedert hy as dié held in ’n radioreeks tydens die laat 1970’s figureer het. Nie Suid-Afrika se 007 nie, nee: hy het voor 007 op die toneel verskyn. Nie so tydloos as 007 nie, nee: tydloser. Staal is ’n baasspeurder (baie privaat!) en (vanselfsprekend) ’n minnaar van formaat. Hy ry ’n swart Panther wat deur die nag snel terwyl Staal deur sy tande fluit en sy vingers liggies op die stuurwiel rus. Hoe anders?


OR

Details

Die mees geliefde omroeper vir Afrikaanse radioluisteraars, onder andere as die president van Flinkveria (na sy oggendprogram genaamd Flink uit die vere). Hy is deur luisteraars gekies, (met ’n meerderheid van 27 000 stemme,) as die Afrikaanse Radiolegende van die afgelope 70 jaar. Mens, skrywer en humoris by uitstek. Uit sy pen verskyn 200 kortverhale, 23 boeke en 24 radiodramas/hoorbeelde (hy verower ’n Artestoekenning vir sy hoorbeeld oor die Downsindroom) en 32 radiovervolgverhale – waarvan Staal Burger die gewildste. Hy woon in Observatory (Kaapstad) en is beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Rautenbach, F
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 112
isbn 9781869192396
Genre Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.