×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Stylboek

Du Toit, P.A Smith, W

Beskikbaarheid: In stock

R395,00

Quick Overview

Hierdie omvattend herbewerkte uitgawe van die Stylboek wat in 2006 gepubliseer is, is ’n ideale naslaanbron vir almal wat in Afrikaans skryf. Dit is gerig op studente, akademici, redakteurs, joernaliste, resensente, redigeerders, taalpraktisyns en
opvoeders. Skryfbeginsels word in die teks op eenvoudige en verstaanbare wys verduidelik en met talle voorbeelde toegelig.

In die afdelings oor styl word verduidelik op watter wyse ’n teks oortuigend en aantreklik, duidelik en bondig aangebied kan word sodat effektief gekommunikeer kan word. Die gepaste toon vir verskillende kontekste, wat van formeel na informeel kan wissel, word uiteengesit en in ’n aparte hoofstuk word toeligtend oor die styl van wetenskaplike tekste geskryf. Twee toevoegings by die oorspronklike boek is ’n afdeling oor die styl van literêre analises en resensies en ’n hoofstuk gewy aan “regte” en “verkeerde” taalgebruik.
OR

Details

OOR DIE OUTEURS P.A. du Toit was dosent in letterkunde, stilistiek, resensiestudie en taalversorging in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het aan onder meer die universiteite van Amsterdam, Utrecht, Leiden, Nijmegen en Antwerpen ondersoek gedoen in die vakgebied Taalbeheersing. Naas artikels oor ’n verskeidenheid literêre en stilistiese onderwerpe het hy ook profielstudies oor Afrikaanse prosaskrywers gepubliseer. Wanda Smith is uitgewer en leksikograaf by Pharos Woordeboeke in Kaapstad. Sy was joernalis, taalkonsultant en deeltydse dosent aan die Kaapse Technikon (tans die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie) en het aan die Universiteit van Stellenbosch kursusse in skryfvaardigheid en deeltyds in stilistiek in die nagraadse afdeling Vertaling van die Departement Afrikaans en Nederlands aangebied.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 20 Apr 2015
Skrywer Du Toit, P.A Smith, W
Dimensies 152 x 222 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 260
isbn 9781485301141
Genre Taal

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.