×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Systap onder die juk

Beskikbaarheid: In stock

R165,00

Quick Overview

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op. Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.
Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

“Sulke feite bewys weer die onomstootlike waarheid dat in die klein en in vroeër tyd afgesonderde Suid-Afrikaanse samelewing, almal aan almal geskakel het: al die vernames aan die berugtes, al die kleines aan die grotes en dat vrywel enige hedendaagse Afrikaner as hy die dag onbelangrik voel, besieling en belangrikheid uit sy familiegeskiedenis kan gaan haal.”
- Dot Serfontein, Systap onder die juk


OR

Details

Uit Dot Serfontein se pen het verskeie kroonboeke verskyn, onder andere Tiendes van anys (1962), Rang in der Staaten Rij (1979), Systap onder die juk (1982), Galery van Reënmakers (1986), Vertel! Vertel! (1995) en Vrypas (2009). Sy is in haar tagtigs en woon tans in Kroonstad. Sy is beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Serfontein, D
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 192
isbn 9781869193447
Genre Kuns

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.