×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Tweespoor

Helena Gunter

Availability: In stock

ZAR180.00

Quick Overview

In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien ’n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar ’n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.

In die eerste gedeelte van Tweespoor word ’n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede ’n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, ’n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

OR

Details

“Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om ’n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd (’n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor.

OOR DIE OUTEUR

Helena Gunter het op ’n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank ’n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op ’n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “’n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date May 21, 2018
Author Helena Gunter
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
pages 152
isbn 9781485309291
Genre Prosa

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.