×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Van kant gemaak

Beskikbaarheid: In stock

R250,00

Quick Overview

In België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie ’n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan ’n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene ’n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom ’n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wêreldoorlog op die toneel. Van kant gemaak vertel ’n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Kris van Steenberge (1963) is (toneel)skrywer, regisseur en dosent. Stories van sy oupa, wat by hulle ingewoon het, oor die “Groot Oorlog” vorm die kiem vir sy debuutroman Woesten. Sy tweede roman, Blindelings, het in 2016 verskyn.

OOR DIE VERTALER

Fanie Olivier is ’n bekende Afrikaanse digter en akademikus, maar ook joernalis en regsgeleerde. Hy het ses digbundels gepubliseer en was die samesteller van drie ander, waarvan Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte reeds vyf uitgawes gehad het. Die Nederlandse Reina Prinsen-Geerligsprys is aan hom toegeken vir die manuskrip van sy eerste, gom uit die sipres. Naas sy studiejare in Utrecht, het hy ook vir die grootste deel van sy akademiese loopbaan kontak met Nederlands behou as dosent in Nederlandse letterkunde. Hy het in hierdie proses heelwat Nederlandse poësie vertaal, maar dit nooit gepubliseer nie. As deel van sy werk as besoekende professor by die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole tussen 2004 en 2016, het hy ook begin met ’n projek om Poolse gedigte saam met studente in Afrikaans te vertaal. Naas enkele vroeëre gepubliseerde vertalings uit Engels, was hy ook verantwoordelik vir die vertaling van J.M. Coetzee se Disgrace.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 16 Okt 2017
Skrywer Kris van Steenberge
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 384
isbn 9781485306825
Genre Roman

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.