×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Verdriet se moses

Jooste, H

Beskikbaarheid: In stock

R170,00

Quick Overview

Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op ʼn nostalgiese reis na daardie Suidwes: ’n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid ’n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe ’n misleidende ontmoeting met ’n loskop net die regte medisyne vir ’n ontspoorde wewenaar geword het, hoe ’n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as ’n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as “bobaasverteller oor die ou dae in Namibië”.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.



OR

Details

OOR DIE OUTEUR Helm Jooste is op 23 Oktober 1909 op Bethal gebore waar hy in 1928 aan die Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer het. Ná voltooiing van sy skoolopleiding het hy aan die Heidelberg Onderwyskollege gestudeer. Hierna het hy hom in die destydse Suidwes gevestig waar hy meer as 50 jaar gewoon het. Hy het 25 jaar lank onderwys gegee, was 15 jaar 'n sakeman op Otjiwarongo, waar hy ook etlike jare burgemeester was, en het tien jaar lank met beeste naby Grootfontein geboer. Sedert sy aftrede in 1980 woon hy in die Strand. Hy het Daar doer in Duitswes op die ouderdom van 80 jaar geskryf en dit word opgevolg deur Dinge daar doer en Verdriet se moses. Audrey Blignault noem die skrywer “Die bobaas-verteller van Suidwes”. Helm is ʼn paar jaar gelede oorlede. Die boek getuig van sy heerlike humor en sy onfeilbare aanvoeling vir die komieklike situasie in die gewone gang van die menslike bestaan. Die leser sal lag, maar ook huil, want Helm Jooste se verhale is gevul met deernis. OOR DIE ILLUSTREERDER Die Burger het, vanaf sy stigting in 1915, net drie voltydse daaglikse spotprenttekenaars gehad; al drie van hulle reuse van Suid-Afrikaanse spotprente . Die groot Daniel Boonzaier het mettertyd spasie gemaak vir TO Honiball, en in 1972 het Fred Mouton ook by hulle aangesluit. Fred het in 1976 die posisie oorgeneem en behou dit sedertdien. Fred het ook bygedra tot redaksionele spotprente in Beeld en Rapport en doen illustrasies en spotprente vir 'n verskeidenheid van boeke en tydskrifte. Hy is 'n ontvanger van die Standard Bank Spotprenttekenaar van die Jaar-toekenning (1983) en in 2000 is die PJ Cillié-medalje vir kreatiwiteit in die joernalistiek aan hom toegeken. Fred het drie versamelings van sy werk gepubliseer, die mees onlangse Van Zuma tot Zille (2009), en sy werk het verskyn onder die land se beste in The Year in Cartoons-versamelings vir 2009 en 2010.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Jooste, H
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 140
isbn 9781485300663
Genre Humor

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.