×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Verhaal van Elandskloof, Die

Wiese, T; Goedeman, R

Beskikbaarheid: In stock

R250,00

Quick Overview

In 1996 is die grond van die eertydse sendingstasie Elandskloof in die distrik Citrusdal teruggegee aan enkele oorlewendes en afstammelinge van destydse inwoners van die stasie. Die sendingstasie het in 1961 opgehou om te bestaan nadat die grond aan twee boere verkoop is. Die geval het heelwat aandag getrek, omdat dit een van die eerste geslaagde grondeise van die nuwe Suid-Afrika was.
Die verhaal van Elandskloof begin egter veel vroeër, in 1860, toe die NG Kerk die plaas gekoop het om met sendingwerk te begin onder die bruin mense wat toe reeds in die omgewing gebly het. Die veelbewoë geskiedenis van die gevestigde inwoners, die sendelinge wat gekom en gegaan het en die boere van die groter gemeenskap is besonder goed opgeteken. Die skrywers kon dus ruim aanhaal uit talle briewe van die inwoners, die sendelinge, die ampsdraers van die kerk en staatsamptenare, asook notules van vergaderings en verslae van kerkrade, kommissies en ander liggame. Onderhoude wat die skrywers self met die ou Elandsklowers gevoer het, vul die dokumente aan om ’n lewendige vertelling daar te stel. Die boek word afgesluit met ’n bondige oorsig oor grondhervorming en ’n besinning oor die probleme wat gemeenskappe soos dié van Elandskloof ervaar wanneer hulle hervestig word.

OR

Details

Tobie Wiese is ’n gesoute joernalis en tans bestuurder van Media24 Leerskappe (Tydskrifte). Ricky Goedeman was navorser verbonde aan die Instituut vir Historiese Studies van die Universiteit van Wes-Kaapland en tans onderwyser.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Wiese, T; Goedeman, R
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 326
isbn 9781869192471
Genre Nie-fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.