×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Versindaba 2006

Joubert, M (samest)

Beskikbaarheid: In stock

R20,00

Quick Overview

Die bundel Versindaba 2006 verskyn by geleentheid van Versindaba 2006 (8–9 September 2006) in Stellenbosch en verteenwoordig ’n keuse van gedigte van die digters wat aan hierdie geleentheid deelneem.
Vanjaar word Versindaba vir die tweede keer aangebied. Dit wil graag iets bied van die plesier van die Afrikaanse poësie en wil graag ’n feestelike geleentheid wees. Gehalte het ’n oorheersende rol gespeel in die seleksie van deelnemers. Daar is terselfdertyd gepoog om nie aan verskeidenheid in te boet nie. Die deelnemers is oorwegend digters van wie daar onlangs ’n bundel verskyn het, of binnekort ’n bundel gaan verskyn, maar soos in 2005 is ander bekende en belowende Afrikaanse digters genooi.
Veral merkwaardig van hierdie bloemlesing is die tematiese verskeidenheid en style. Die bloemlesing is saamgestel uit enkele verse van gevestigde digters soos Antjie Krog, Wilma Stockenström, Hennie Aucamp, Pirow Bekker, Barend Toerien, Petra Müller, ensovoorts. Maar ons het ook besluit om vanjaar opkomende digters in te sluit, onder andere Carina Stander, Danie Marais, Johannes van Jerusalem en Jasper van Zyl.
OR

Details

Marlise Joubert, die samesteller, is self ’n gerekende digter. Sy woon op Stellenbosch en kan vir onderhoude genader word.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Joubert, M (samest)
Dimensies 136 x 213 x 136 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 113
isbn 9781869191375
Genre Poësie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.