×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Verwoerd: Só onthou ons hom

Beskikbaarheid: In stock

Only 10 left

R180,00

Quick Overview

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Was hy die groot onderdrukker van Suid-Afrika se swart bevolking? Was hy ’n uitlander van geboorte wat Roomser as die Pous probeer wees het?
Hierdie bundel verskyn by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier.
Elke kind moes sy plek vind na sy aard. Elke volk moes ook sy plek vind na eie aard. Dit was die oplossing vir ’n veelvolkige Suid-Afrika waarna hy gestreef en waarvoor hy gewerk het. (Mev. Anna Boshoff [dogter].)
Dr. Verwoerd was seer sekerlik ’n merkwaardige man. Hy was die toonbeeld van hoflikheid. Hy het nooit sy humeur verloor of rusie gemaak nie. ... Die volgende geleentheid wat hy sou hê om verder oor die gevolge van die wêreldhofsaak en die ontplooiing van sy beleid te praat, was in die parlement op 6 September, die dag toe Tsafendas hom vermoor het. Die vraag oor wat hy daardie dag wou uiter, hang in die lug. (Adv. D.P. [“Lang David”] de Villiers.)
Pa en ek het net ’n vinnige draai deur die tuin gestap en ’n paar woorde gewissel oor wat ons nog alles wil doen, en toe vir die laaste maal gegroet. (Prof. Wilhelm Verwoerd [seun].)
Sy standbeelde kan verwyder word en sy politieke strukture afgetakel word, maar sy naam sal in die geskiedenis van Suid-Afrika opgeteken bly. (Prof. Willem Kleynhans.)


OR

Details

Geen inligting oor outeur beskikbaar

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Verwoerd, W J (samest)
Dimensies 155 x 238 x 155 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 256
isbn 9781919825649
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.