×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Voor ek my kom kry

Pirow Bekker

Beskikbaarheid: In stock

R180,00

Quick Overview

Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van ’n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels.
OR

Details

Die omslag van die bundel met sy abstrakte figure suggereer die gesprek wat in hierdie bundel gevoer word met die self, die geliefde, die lewe en die dood. Die digter ondersoek erskillende fasette van ’n lang en kreatiewe lewe. In die eerste afdeling kom die verhouding met die aarde ter sprake; in die tweede afdeling die ambivalente verhouding met die land waarin hy gekies het om te bly woon, ten spyte van die ongenaakbaarheid van klimaat, plae en sosio-politieke kwessies. In die volgende afdelings kyk die digter op ironiese wyse na die dreigende dood wat hom in verskille gedaantes voordoen. Dan volg gedigte oor die liefde: vir die taal, die woord en vir die geliefde vrou. Die fyn humor waarmee die digter na die ouderdom kyk, sorg dat die laaste gedigte nie neerdrukkend is nie, maar die lewe bly omhels, soos in “Hansie Slim herbesin”, waarin gespot word met die “mediese kernplan” waarmee voorsorg vir siekte en ouderdom getref word. En tog,

die hele infrastruktuur ten spyt

verlaat Hans sy huis, begeef hy hom

op ’n lukraak ryloopreis

die wyer wêreld in.

Daarom kan die digter in die slotgedig terugkyk op die verrassing van ’n lewe wat sonder beplanning of padkaart, sy eie verloop geneem het.

OOR DIE OUTEUR

Pirow Bekker is ’n veelsydige skrywer van romans, kortverhale en poësie. Sy vorige twee bundels, Van roes en amarant (2008) en Atlas teen die vergeetrivier, (2013) is goed ontvang deur die literêre kritiek.

Additional Information

Publisher Protea
Release date 13 Mar 2017
Skrywer Pirow Bekker
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 108
isbn 9781485306481
Genre Digkuns

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.