×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Vrypas

Serfontein, D

Beskikbaarheid: In stock

R195,00

Quick Overview

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko’s – en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.
Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die “politieke kapitulasie” van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins- en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken ’n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met ’n bietjie waagmoed en ’n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie. Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers ’n Remington-tikmasjien present, “toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring”) ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen dié wat soos sy glo: “As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam.”



OR

Details

Dot Serfontein, wat op 30 April 2009 haar 84ste verjaarsdag vier, is veral bekend vir haar essays en sketse, asook vir die reeks vervolgverhale wat in die 1960’s en ’70’s in Sarie gepubliseer is. ’n Sotho-roman, die streeksboek Keurskrif vir Kroonstad en die Serfontein-familiegeskiedenis het onder meer uit haar pen verskyn. Hoewel sy in Vrypas goedig spot met die vraag of haar skryfwerk later in haar lewe gepubliseer is op meriete, of op haar status as ma van Antjie Krog, spreek Dot Serfontein se skryftalent vanself en bekoor sy steeds met haar eiesoortige taalgebruik en ryk beeldingsvermoë.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Serfontein, D
Dimensies 152 x 222 x 152 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 351
isbn 9781869192976
Genre Nie-fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.