×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Ware mense

Beskikbaarheid: In stock

R250,00

Quick Overview

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude.
De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het.


In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.


OR

Details

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het.

In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 26 Sep 2017
Skrywer Bart de Graaff
Dimensies 222 x 152 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 160
isbn 9781485307808
Genre Geskiedenis aktueel / Reisjoernaal

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.