Al weer Elmer

AGTERGROND

Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.

Dit is twee dae voor die Elmer Dag-optog – die dag wanneer olifante hulleself met helder patrone versier. Maar Elmer, die veelkleurige olifant, is verveeld en besluit om vir die grys olifante ’n yslike poets te bak.

OOR DIE OUTEUR en ILLUSTREERDER

David John McKee is ’n Britse skrywer en illustreerder, veral bekend vir kinderboeke en animasie. In 2006 word hy genomineer vir die internasionale Hans Christian Andersen Toekenning.


SKU 978-1-4853-0887-4
Skrywer David McKee
Illustreerder David McKee
Dimensie 240 mm x 275 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 32
Publiseer Datum Augustus 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *