Die lelike vyf

AGTERGROND

“Ons vyf is misbaksels, ons voel ons kan ween;
so vaal en misvormd, o, waar moet ons heen?”
Ontmoet die vaal blouwildebees, die giggelende hiëna, die bles aasvoël, die vlakvark met sy vratte en die vuil maraboe: alom bekend as die lelikste diere van die Bosveld … maar is hulle werklik so lelik?

UIT DIE BOEK

Ek teken hierdie dinge op uit pligsgevoel, as ‘t ware onder dwang; want dit is nie meer vir my vanselfsprekend om te skryf nie, nie meer ‘n vreugde nie, laat staan nog ‘n bevryding, en die woorde kom ook nie meer vanself nie. Maar dit moet nogtans opgeteken word, hierdie laaste besoek, om my vroeëre verslae aan te vul en af te sluit.

Op sommige van die foto’s wat Mamohau in Lesotho so geesdriftig met haar selfoon geneem het, verskyn daar iemand wat ek in ‘n berig aan ‘n korrespondent beskryf het as ‘n afgetakelde ou man met wasige blik en verwarde wit hare. Byna het ek op die treetjies van die hotel in Mohaleshoek gekantel en geval.

Dit was die laaste reis.

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” 2011–2013 en het al meer as 100 boeke vir kinders geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.
Axel Scheffler is ’n illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.
Ander titels wat in Afrikaans by Protea Boekhuis beskikbaar is: Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016), Die Stories uit die Eikehout (2016) en Amok op ’n besemstok (2018). Donaldson en Scheffler is ook die skeppers van die immergewilde Die Goorgomgaai (Human & Rousseau, 2014).

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.


 

SKU 9781485309420
Skrywer Julia Donaldson
Dimensie 218mm x 285 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 40
Publiseer datum Julie 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *