Eendag in ’n woeste woud

AGTERGROND

Groenkappie is op pad na Raponsie se partytjie, ver weg in die woeste woud. Die pad is lank en vol gevare, maar Groenkappie weet net hoe om die gevare te vermy. Op haar pad los sy sommer ’n hele paar sprokieslandprobleme op – onder andere een van ’n ondier met ’n gebroke hart. Die boek is ’n verbeeldingryke , wonderlike storie vol sprokieskarakters soos mens hul nog nie vantevore gesien het nie, soos Rooikappie, Duimelientjie, Raponsie, die sewe dwergies, Skoonlief, en nog heelwat ander. Dis pragtig geïllustreer en vol humor – ’n sprokie soos geen ander!

OOR DIE OUTEUR

Chris Riddell is ’n talentvolle illustreerder en skrywer, en ook politiese strokiesprentillustreerder vir die Britse Observer. Hy is in 2015, 2016 en 2017 met die CILIP Kate Greenaway Medal and Children’s Laureate-toekenning bekroon. Sy boek Goth Girl and the Ghost of a Mouse (wat binnekort by Protea in Afrikaans sal verskyn) het die Costa Children’s Book Award in 2013 gewen. Hy is die outeur van ’n hele paar suksesvolle reekse, onder andere Goth Girl, Ottoline, Scavenger en Blobheads. Hy woon in Brighton, Engeland.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2018 vir Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.


SKU 978-1-4853-0974-1
Skrywer Chris Riddell
Dimensie 300 MM x 235 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 32
Publiseer Datum Augustus 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *