AGTERGROND
Ons sweer saam: Ek gaan haar ’n papierlewe gee, of nog beter: ’n nuwe lewe. ’n Lewe waarin sy weer maklik kan loop, haar lippe rooi maak, wye rokke dra of haar vuurbestande baadjiepakke. Ek wil ’n dansende moeder uitbeeld, ’n vegtende moeder. Die sterk vrou van my jeug.
“Ek kry ’n lewe by,” – sy grom tevrede – “maar ek wil wel iets in ruil hê.”
“Ek sal al jou inkopies doen, die kombuisvloer mop …”
“Pille. Jy kry ’n storie, ek ’n pil.”
Ná ’n lang lewe van swye en uitsluiting begin ’n moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë. Hy, ’n romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ’n voorwaarde: Hy moet haar ’n sagte dood besorg.
Ek kom terug is ’n tragikomedie oor die onstuimige lewe van ’n vrou wat terugkyk op haar eeu.
OOR DIE OUTEUR
Adriaan van Dis debuteer in 1983 met Nathan Sid en publiseer in die begin van die 1990’s veral reisromans soos Het beloofde land en In Afrika. In 1994 verskyn Indische duinen wat bekroon word met die Gouden Uil 1995, gevolg deur Dubbelliefde (1999) en Familieziek (2002). In 2007 verskyn die roman De wandelaar en in 2010 Tikkop wat ook in Afrikaans vertaal is. Stadsliefde. Scènes in Parijs verskyn in 2011. Adriaan van Dis se boeke is in verskeie tale vertaal.
OOR DIE VERTALER
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Nicol Stassen doen al meer as ’n dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ’n doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
SKU | 978-1-4853-0767-9 |
---|---|
Skrywer | Adriaan van Dis |
Vertaler | Daniel Hugo |
Dimensie | 137mm x 213mm |
Formaat | Sagteband |
Bladsye | 256 |
Publiseer Datum | 1 September 2018 |
Uitgewer | Protea Boekhuis |