AGTERGROND
Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.
Die jagters is op pad en die olifante is bekommerd. Elmer, die lappieskombers-olifant, dink hoe hy die jagters kan uitoorlê, maar dinge verloop nie soos wat hy beplan het nie …
OOR DIE OUTEUR en ILLUSTREERDER
David John McKee is ’n Britse skrywer en illustreerder, veral bekend vir kinderboeke en animasie. In 2006 word hy genomineer vir die internasionale Hans Christian Andersen Toekenning.
SKU | 978-1-4853-0888-1 |
---|---|
Skrywer | David McKee |
Dimensie | 240mm x 275mm |
Formaat | Hardeband |
Bladsye | 32 |
Publiseer Datum | Augustus 2018 |
Uitgewer | Protea Boekhuis |