AGTERGROND
Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.
Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!
OOR DIE SKRYWER en ILLUSTREERDER
Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ’n Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ’n politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway Medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het het drie Nestlé Smarties Boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children’s Laureate.
OOR DIE VERTALER
Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).
ISBN | 978-1-4853-0961-1 |
---|---|
Auteur | Chris Riddell |
Dimensies | 185mm x 135mm |
Formaat | Sagteband |
Bladsye | 260 |
Verskyningsdatum | September 2018 |
Uitgewer | Protea Boekhuis |