Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee

AGTERGROND

Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.

In Liefdegroete, Grootseun word ’n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ’n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ’n sterk humoristiese aanslag en gefokus op ’n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ’n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.

OOR DIE OUTEUR

Barend Vos – alias Grootseun – is predikant op Warrenton en Windsorton. Sy sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton. Daarbenewens het hy ook twee romans met die Bybelse gegewe as gepubliseer, te wete Eksodus (wat in 2001 die CBSA-prys vir fiksie gewen het) en Kanaän. Sy literêre debuut, ’n Dorp soos Silwer Streams het in 2011 verskyn. Sy mees onlangse publikasie, Die ewigheid in my hart is in 2016 met die Andrew Murray-prys vir Christelike lektuur en ’n ATKV Mediaveertjie bekroon.


 

SKU 9781485308836
SKU 9781485308843 (e-boek)
SKU 9781485308850 (E-Pub)
Skrywer Barend Vos
Dimensie 137mm x 213mm
Formaat Sagteband
Bladsye 160
Publiseer datum Julie 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *