Nagreisiger: Jou gewete reis saam

AGTERGROND

‘n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

OOR DIE OUTEUR

Leon van Nierop is ’n bekende radiopersoonlikheid, rolprentresensent, skrywer van romans, radio- en televisievervolgverhale soos Wolwedans in die skemer en Ballade vir ’n enkeling en die draaiboeke van die roplrente gebaseer op hierdie twee verhale. Hy was vier jaar lank hoof van die Rolprentakademie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie en tree dikwels as dosent en spreker oor rolprent op.


SKU (gedrukte boek) 978-1-4853-0668-9
SKU (e-boek) 978-1-4853-0669-6
SKU (ePub) 978-1-4853-0670-2
Skrywer Leon van Nierop
Dimensie 137 mm x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 252
Publiseer Datum Augustus 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *