Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis

AGTERGROND

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis is ’n keur uit die rubriek Regsalmanak wat Gustaf Pienaar sedert 2012 op gereelde grondslag vir LitNet lewer. Die 12 hoofstukke se titels is die 12 maande van die jaar, en elke maand het datumverwante verhale, telkens met ’n regsinhoud. Pienaar put uit gepubliseerde hofverslae vir hierdie vermaaklike dog leersame verhale.

Regter Burton Fourie, wat die voorwoord tot die boek skryf, beskryf Regsalmanak as volg: “Vir almal – jonk en oud – behoort hierdie publikasie van groot waarde te wees, veral om die implementering van regsbeginsels op praktiese vlak te ervaar. In hierdie opsig is die skrywer werklik ’n meester. Regsbeginsels word deur die gebruik van keurige Afrikaans verduidelik en toegepas. Daardeur word soms ingewikkelde regsbegrippe vir almal toeganklik gemaak. Derhalwe is die werk ’n hoogs genotvolle reis deur ons regsgeskiedenis.”

OOR DIE OUTEUR

Gustaf Pienaar is ’n boorling van Brits, ’n oud-Volkie (Heidelbergse Hoër Volkskool) en een van die pionierstudente (1968) van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), deesdae UJ. Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BIur LLB (RAU) LLM (PU vir CHO) Gev. Dip. Arbeidsreg (RAU). Na ’n loopbaan van 11 jaar by die SAUK as omroeper by die destydse Afrikaanse radiodiens en later as bestuurder: Uitsaainavorsing het hy hom as prokureur bekwaam en 25 jaar lank in daardie hoedanigheid te George gepraktiseer. Sedert 2012 is hy advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika.

Behalwe vir sy rubriek op LitNet, skryf hy gereeld artikels en rubrieke vir Die Burger en Rapport Weekliks.


SKU 978-1-4853-0939-0 (gedrukte boek)
SKU 978-1-4853-0940-6 (e-boek)
SKU 978-1-4853-0941-3 (epub)
Skrywer Gustaf Pienaar
Dimensie 213mm x 137mm
Formaat Sagteband
Bladsye 400
Publiseer Datum Augustus 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *