Tillie Appelpit – Die onverwagse gas

AGTERGROND

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak.
Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nié weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag.
Welkom by die wonderlike wêreld van Tillie Appelpit.

OOR DIE OUTEUR

Wendy Maartens woon in Table View – ’n klipgooi van die “groot blou dam”, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër dwaal. Sy is ’n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer. In 2005 het Lena se bottelboom Exclusive Books se “Publisher’s Choice”-lys gehaal en in 2006 het Maartens ’n eervolle vermelding by die Noma-toekennings ontvang. Sy was ook twee keer ’n finalis by die ATKV se Veertjie-toekennings: In 2006 vir Lena se Bottelboom en in 2007 vir ’n rubriek.


ISBN 978-1-4853-0952-9
Outeur/Illustreurder Wendy Maartens
Vertaler Amelia de Vaal
Dimensie 210mm x 210mm
Formaat Hardeband
Bladsye 32
Publiseer Datum September 2018
Uitgewer Protea Boekhuis

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *