
AGTERGROND
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …
Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
| SKU | 978-1-4853-1033-4 |
|---|---|
| Skrywer | René Goscinny |
| Illustrasies | Albert Uderzo |
| Vertaler | Sonya Van Schalkwyk-Barrois |
| Genre | Strokiesverhaal/Comic book |
| Dimensies | 215 x 280 mm |
| Formaat | Sagteband |
| Bladsye | 48 |
| Publiseer Datum | Maart 2019 |
| Uitgewer | Protea Boekhuis |

