Nicola Hanekom

Pryse en kortlyste

IN GLAS deur Nicola Hanekom – Op UJ-PRYS kortlys.

UJ-Prys
Nicola Hanekom
Nicola Hanekom
In glas

Te koop by protea

Die drama In glas handel oor ‘n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na ‘n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van ‘n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise. is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir ’n dramateks

Doodmenslik deur Willie van der Merwe –
 Woordfeestrofee toegeken

Woordfees
Willie van der Merwe

https://woordfees.co.za/inhoud/feesinligting/feesnuus/nuus/wt-2019

Dood Menslik

Willie van der Merwe se debuutbundel handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme, en is ’n verkenning van die eksistensiele vakuum soos selde tevore in Afrikaans. Die titel sinspeel op die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens aan die een kant, maar aan die ander kant op die fisiese en geestelike dood wat as goue draad deur die bundel loop. Die dualisme tussen skoonheid en weerloosheid word van meet af aan ondersoek en die gebroke werklikheid van die digter se ervaringswêreld word treffend verbeeld. Dit is ’n donker bundel vol swart humor, wat die weersin van erotiek en oorlog op skrydende en dikwels ironiese wyse verwoord. Dit eindig egter met ’n evangeliese optimisme: met van die mooiste liefdesgedigte wat nog in Afrikaans verskyn het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *