Boetman is die bliksem in

AGTERGROND

In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ’n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966–1989). Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ’n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ’n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ’n debat op LitNet gevoer het en ’n swart aktivis.

OOR DIE OUTEUR

Pieter Fourie is die afgelope 50 jaar ononderbroke vaardig as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger en toneelbestuurder. Meer as 60 dramas is deur hom geregisseer en hy was die eerste uitvoerende hoof van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hy word bekroon met die Hertzogprys vir Drama (2003), ontvang ’n Fleur de Cap in 2006 en in 2016 word hy vereer met ’n kykNET Fiësta vir sy bydrae tot die Afrikaanse woordkuns.


SKU978-1-4853-0866-9
SkrywerPieter Fourie
IllustrasiesN/A
VertalerN/A
GenreDrama
Dimensies222 x 152 mm
FormaatSagteband
Bladsye72
Publiseer DatumJunie 2019
UitgewerProtea Boekhuis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *