Bos

AGTERGROND

Hierdie drama handel oor tien tieners in ’n bos by ’n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie “lekker” nie. Grootword is pyn. En “verwonding”.

Die tien jeugdiges vertrek op ‘n oorlewingskamp, in ‘n bos, onder toesig van ‘n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ‒ paraat! ‒ die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.

OOR DIE OUTEUR

Malan Steyn(geb. 1974)het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer waar hy die grade B.A. (Drama) en M.A. (Afrikaans en Nederlands) behaal het. Hy is die skrywer van talle toneelstukke wat al met groot sukses opgevoer is. In 2004 was hy die naaswenner van die AngloGold Smeltkroesprys vir Johnny is nie dood nie (toe met die titel Eet alles). Sedert einde 2005 werk hy as draaiboekskrywer vir die TV-reeks Binnelanders. Hy is ook ’n deeltydse dosent by die Departement Drama aan die Universiteit van Stellenbosch.


SKU978-1-4853-0922-2
SkrywerMalan Steyn
IllustrasiesN/A
VertalerN/A
GenreDrama
Dimensies152 x 222 mm
FormaatSagteband
Bladsye72
Publiseer DatumJunie 2019
UitgewerProtea Boekhuis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *