Ontgin jou taal

Pragtige Pretoria: Die tuiste van Pretoria FM!

In 2019 sprei Pretoria FM vlerke en ons maak ’n splinternuwe ateljee oop in Loftus Park. ’n Radiostasie vir ons mense, tussen ons mense. Op 1 Julie skrop ons finaal nes in die pragtige winkelsentrum in die hartjie van die hoofstad en ons voltallige span trek sak en pak by Loftus Park in. Ons rig ook vyf bykomende ateljees in. Loftus Park word gou ons tuiste waar ons nader kan leef aan ons luisteraars en gemeenskap.

In Pretoria het ons alles wat ons nodig het om in Afrikaans te kan werk, woon en leer. Hoekom sal ons dan nie ook hier feesvier nie?

Pretoria FM stel bekend: Die Pretoria FM-boekefees!

Ons het diep gedelf om die skatte in Afrikaanse letterkunde vir jou na die hoofstad te bring. Kom ontgin die jongste talent, kom slyp jou vaardighede saam met gesoute skrywers en geniet die kosbare boeke wat Suid-Afrikaanse skrywers optower.

Daar is egter nie ’n huis sonder ’n kookboek nie en daarom bederf ons jou graag met GRATIS kosdemonstrasies deur Herman Lensing, Armand Aucamp en Riana Mulder.

Die ATKV vier saam fees en jy kan deel wees van die Inkstories-gesprekke, VVA-voorleeswerkswinkels en selfs die ATKV se leeskonferensie.

Om nóg ’n kersie op die reeds voortreflike koek te sit, kan jy bloot die pad oorsteek en na Hannes van Wyk gaan kyk waar hy by die Ooskerk op die verhoog sal wees.

Die bekende stemme van die Pretoria FM-omroepers gaan saam met die skrywers by die fees te hore wees. Met veilige parkering en genoegsame kosgeriewe hoef jy nie ver te stap nie.

Kom verryk jouself!

Die Pretoria FM-boekefees
Ontgin jou taal

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *