Protea Boekhuis – Sedert 1992

Protea Boekhuis kan vandag terugkyk op 27 jaar van volgehoue vooruitgang.

Van ’n nederige begin as ’n klein tweedehandseboekwinkel in Hatfield, Pretoria, het die onderneming mettertyd uitgebrei tot die naasgrootste boekhandelgroep in Suid-Afrika, terwyl ons uitgewery gegroei het tot een van die drie grootste Afrikaanse uitgewers. Ons rakke kreun nie net swaar onder die magdom boeke wat ons al uitgegee het nie; ál meer toekennings kan met trots uitgestal word, van drie Hertzogpryse tot byna elke vertaalprys in die land.

Vandag kyk ons egter nie net terug nie. Ons sien ook uit na ’n blink toekoms waarin ons dieselfde hoë gehalte sal handhaaf waarvoor Protea Boekhuis nou reeds wyd bekend geword het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *