Bemarkingspos

Protea Boekhuis se publikasies aan boekwinkels en die verspreiding van boeke in al ons streke behartig.

Hy of sy sal ook effektiewe verkoopstrategieë ontwikkel, nuwe verkoopsmoontlikhede opspoor en verkoopstransaksies beklink om teikens te bereik. Deur die bestuur van bestaande rekeninge en die werwing van nuwe klante sal die aangewese kandidaat ’n sleutelrol speel om inkomste en omset te verhoog.

Vereistes:

  • Kennis van en belangstelling in boeke
  • Kennis van die boekhandel en kleinhandelverkope
  • Buitengewone kommunikasievaardighede in Engels en Afrikaans
  • Ervaring in verkope en bemarking
  • Selfmotivering en professionaliteit
  • ’n Driejaargraad of -diploma sal in jou guns tel
  • Bereidheid om as deel van ’n span te werk
  • Eie, betroubare voertuig en ’n geldige rybewys
  • Bereidheid om te reis om boekwinkels te besoek
  • Verantwoordelikhede:
  • Onderhou en brei jou rekeningbasis uit in jou aangewese gebied
  • Lewer insette oor nuwe publikasies
  • Ontwikkel, implementeer en evalueer nuwe verkoopstrategieë en -modelle
  • Bou produktiewe en langdurige klanteverhoudings
  • Bereik die span se verkoopsteikens
  • Vors geleenthede na en skep nuwe rekeninge, volg verkoopsleidrade op
  • Woon verkoopsvergaderings en verkoopsgeleenthede by
  • Rapporteer en gee terugvoer oor jou gebied aan die Verkoopsbestuurder
  • Hierdie voltydse, permanente verkoopspos word met ’n mededingende salaris beloon wat in
  • ooreenstemming met werkservaring en kwalifikasies vasgestel sal word.

Stuur jou aansoek en aanbevelingsbrief aan:
nstassen@proteaboekhuis.co.za
Die sluitingsdatum is 10 Maart 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *