Voor ek vertrek

Met leedwese verneem ons van die afsterwe van Gisela Ullyatt, wie se besondere debuutbundel Die waarheid oor duiwe in Februarie 2020 verskyn het. Ons het meegevoel met haar familie en vriende in hierdie tyd.

Mag haar woorde voortleef.

Voor ek vertrek

voor ek vertrek
wys my die grys

omtes van my binnegoed
die oneindigheid van silwer

voor ek vertrek
tem my doringvelde
met origamivoƫls

harakiri die stilte
in my

voor ek vertrek

Ullyatt G – Die waarheid oor duiwe – 2020
Ullyatt G – Die waarheid oor duiwe – 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *