Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag
OUTEUR: Julio Agrella
GENRE: Roman (misdaadfiksie)
PRYS: R250.00 (BTW ingesluit)
VERSKYNINGSDATUM: September 2021
ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-1237-6
ISBN (e-boek): 978-1-4853-1324-3
FORMAAT: 213 x 137 mm
HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband
AANTAL BLADSYE: 240
VERSPREIDING: Wêreldwyd
AGTERGROND
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok. Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld …
In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.
OOR DIE OUTEUR
Julio Agrella is in Springs gebore en het daar en in Brakpan grootgeword. Dit verklaar baie. Ná dekades in die (veral Engelse) korporatiewe wêreld tree hy op 50 af en lei ’n semi-kluisenaarslewe saam met sy vrou, honde en katte op ’n piepklein plasie by Dieprivier in die Outeniekwas.
Hoe koop mens die e-boek weergawe?
Goeie dag en dankie vir jou navraag!
Die e-boek kan hier gekoop word: https://store.it.si/za/book/zeus-van-wyngaardt-en-die-godin-van-die-jag/1162168