ATKV Veertjie vir Niefiksie

EN DIE WENNER IS … weereens SULKE VRIENDE IS SKAARS
Veels geluk aan die samestellers, Stephanie de Vos en Stephanus Muller, asook die hele span wat hierdie pragboek die lig laat sien het. Ons het pas verneem die ATKV-Woordveertjie vir niefiksie 2021 is toegeken aan SULKE VRIENDE IS SKAARS TOEGEKEN, skaars ‘n week nadat dit ook met die kykNET/Rapoort prys vir niefiksie 2021 bekroon is.
Die beoordelaars van die ATKV-Woordveertjies se prys vir niefiksie, Jean Meiring, Martie Retief-Meiring en Bettina Wyngaard, sê die briefwisseling tussen Arnold van Wyk en Anton Hartman werp nie net lig op ’n vriendskap nie; dit gee die leser ook ’n binneblik op die groei van Afrikaanse klassieke musiek. Die skrywes vang die tydsgees vas: sosiaal, maatskaplik en selfs polities.
“Dis ’n waardevolle bydrae tot ons kennis van Afrikaanse komponiste en ’n bloeityd in musiek – deur wat vasgelê is, maar ook selfs deur wat bewustelik agterweë gelaat is. Uiters leersaam. Outentieke taalgebruik, keurige verpakking en die weldeurdagte samestelling van die briewe maak vir ’n toeganklike, genotvolle leeservaring.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *