Resensie: Die Rietrotte lê laag deur Nerine Ahlers

Die Rietrotte lê laag deur Nerine Ahlers

Die lesers wat nou al met die Rietrotte (leerders van Rietvallei Hoër, nie knaagdiere nie) bekend is, sal terug wonder oor die titel: hoe gaan die lewendige 4 graad 8-mannetjies (Daniël, Giovanni, Malebo en Antonie) dit reg kry om lag te lê ? En hoekom sou hulle wou ? Die antwoord op die tweede vraag is makliker as die antwoord op die eerste vraag: want hulle wil graag volgende jaar weer in die koshuis wees en debiete teen hulle, kan hierdie begeerte kelder.

Wat die eerste vraag betref: hulle probeer regtig. Maar hoe kan hulle laag lê as ‘n vlermuis en ‘n slang ontydig hulle opwagtings in die skoolsaal en koshuis maak ? En as daar geheimsinnige mans by Giovanni se tante se gastehuis inboek; en Daniël se nuwe kamermaat snags verdwyn; en die skreeuende Mnr Mentz regtig, regtig verdien om ‘n les geleer te word ?

Hierdie is die vyfde boek in die Rietrotte-reeks waar aktuele kwessies soos misdaad en gesinsprobleme vernuftig met kaskenades en avonture van tienerseuns vermeng word. Alhoewel die reeks eintlik gemik is op seuns van so 11-14 jaar, sal meisies ewe veel genot uit die lees hiervan put. Trompie Toerien en die Boksombende was, op hulle tyd, die gewildste bende in boekformaat, maar hulle moet nou opsyskuif vir die Rietrotte.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Anschen Conradie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *