AKADEMIEBEKRONINGS 2022
Veels geluk aan die benoemdes vir en wenners van vanjaar se pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Die Eugène Maraisprys vir prosa word toegeken aan Frederik de Jager vir MAN OP ’N FIETS ÊRENS HEEN (Protea Boekhuis, 2021). Dié prys is vir ’n eerste of vroeëre letterkundige werk en kan net een keer aan iemand toegeken word.
Nog drie van Protea Boekhuis se skrywers het die kortlys gehaal: Carié Maas vir DIE MISKRUIER EN DIE MAAN, Jaco Alant vir IS MOS OOS en Hilda Smits vir MAG DIE DIEP SLAAP JOU DAN ook vir bogenoemde prys.
Carel van der Merwe ontvang vir KANSVATTER: DIE RUSTELOSE LEWE VAN BEN VILJOEN (Protea Boekhuis, 2020) die Protea Boekhuisprys, wat vanjaar toegeken word aan die beste gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans in die afgelope drie jaar.