Het u ‘n manuskript wat vrystelling soek? Ons kan help.
Die volgende riglyne moet gevolg word.

Wat moet ek stuur?

Manuskripte moet getik en duidelik leesbaar wees.
Slegs volledige manuskripte mag voorgelê word. Waarheen stuur ek my manuskript? Stuur slegs hardekopie na die onderstaande adres. Geen manuskripte per e-pos word aanvaar nie. Geen manuskripte ontvang op CD/DVD sal aanvaar word nie.

Wat van digbundels?

Indien ’n digbundel voorgelê word, moet daar minstens 60 gedigte wees. Geen Engelse digbundels word aanvaar nie.

Enige inhoud beperkings?

Geen godsdienstige manuskripte word aanvaar nie.
Vir ‘n kortverhale-bundel word minstens 20 stories vereis.

Nog advies en inligting.

  • Geen Engelse manuskripte word tans aanvaar nie.
  • Behou ’n afskrif van die manuskrip in hardekopie en sagtekopie.
  • Indien die manuskrip aanvaar word, sal die redakteur met die outeur in verbinding tree en ’n elektroniese kopie van die manuskrip vra.
  • Afgekeurde manuskripte word vernietig en word nie teruggestuur nie.
  • Manuskripte moet vergesel word van ’n dekbrief waarin die outeur se naam, adres, e-posadres en telefoonnommer vermeld word.
  • Manuskripte moet vergesel word van ’n opsomming (hoogstens 500 woorde).
  • Outeurs kan nie ’n afspraak met die redakteur/keurder maak om haar/hom van agtergrond oor die manuskrip te voorsien nie. Die redakteur/keurder wil die manuskrip lees soos die leser dit sal doen.
  • Die outeur kan ’n week of twee nadat die manuskrip gepos is, die uitgewery skakel om te hoor of hulle die manuskrip ontvang het (tel: 012 051 3089). Nadat die uitgewery die manuskrip ontvang het, kan dit tot 3 maande duur voor die outeur korrespondensie van die uitgewery sal ontvang waarin vermeld word of die manuskrip goedgekeur of afgekeur is. Aangesien die uitgewery daagliks baie manuskripte ontvang en dit dan uitstuur keurders toe, word outeurs beleefd versoek om geduld aan die dag te lê.
Koerier die manuskrip aan:
Protea Boekhuis
Manuskripte
Burnettstraat 1067
Hatfield Pretoria 0083
Tel: +27 012 051 3089